Internasionale Bofbalfederasie
Internasionale Bofbalfederasie | |
---|---|
Engelse naam | International Baseball Federation |
Franse naam | Fédération internationale de baseball |
Spaanse naam | Federación Internacional de Béisbol |
Afkorting | IBAF |
Land | wêreldwyd |
Sportsoorte | Bofbal |
Stigting | 1938 |
President | Riccardo Fraccari |
Setel | Lausanne, Switserland |
Lede | 124 nasionale federasies |
Affiliasie | Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie |
Amptelike tale | Engels, Frans, Spaans |
Amptelike webwerf | ibaf.com |
Die Internasionale Bofbalfederasie (Engels: International Baseball Federation, IBAF; Spaans: Federación Internacional de Béisbol, Frans: Fédération internationale de baseball) is die voormalige wêreldwye beheerliggaam wat deur die Internasionale Olimpiese Komitee erken is as die gesagsliggaam wat bofbal organiseer, bindende besluite daaroor maak en die beleid van die sport bofbal uitvoer. Die IBAF het sedertdien die internasionale "Bofbalafdeling" van die Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie (WBSC) – die amptelik erkende beheerliggaam vir bofbal (en sagtebal) – geword. Een van die IBAF se hoofverantwoordelikhede onder die WBSC is die organisering, standaardisering en sanksionering van internasionale kompetisies tussen bofbal se 124 nasionale beheerliggame, deur die organisering van verskeie toernooie om 'n wêreldkampioen aan te wys en die IBAF-wêreldranglys vir beide mans- en vrouebofbal te bereken. Voor die stigting van die Wêreld-bofbal-sagtebalkonfederasie, wat sedertdien die gesagsposisie van die Internasionale Bofbalfederasie vervang het, was die IBAF die enigste entiteit wat die titel "wêreldkampioen" kon toewys aan enige verteenwoordigende bofbalspan. Die IBAF se kantore is geleë binne die WBSC-hoofkwartier in Lausanne, Switserland — die Olimpiese Hoofstad.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Internasionale Bofbalfederasie.
- (en) Amptelike webwerf Geargiveer 13 April 2021 op Wayback Machine
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |